Die poskoetsrower / Mikro

R60.00

Om die grootste roof wat nog ooit in die land gepleeg is te beplan en deur te voer, het tyd en geduld geverg, maar George Haan was bereid om te wag. Eers wou hy die mees gesiene man in Johannesburg word, en as stigter van die Golden Water Company en die Golden Transport Company het menigeen hom beny en bewonder.

Hy het nie geskroom om van hierdie bewondering misbruik te maak om sy doel – die roof van vyftigduisend pond – te bereik nie. Daar was San Lotter, niggie van die kommissaris, aan wie hy hom selfs verloof het, Abram Nortjé wat net so vinnig soos Haan self wou ryk word, en die skelm Kate Pemberton wat maar te gretig was hom te help sodat sy haar deel van die buit kon kry. Maar George Haan het nie rekening gehou nie met die vernuf van John Morris – die langneusspeurder uit die Kaap nie…

Out of stock

SKU: FIKSIE.DON.0026/1/1/718 Category:

Description

Uitgewer:  Nasionale Boekhandel

Datum: Tweede druk 1967

Toestand: Hardeband met stofomslag, sellotapmerke op binneblad maar boekinhoud nog skoon en netjies, blaaie vergeel