Die Republiek van Suid-Afrika en die nuwe wêreld / G.D. Scholtz

R60.00

Die Republiek van Suid-Afrika moet hom vandag in ‘n wereld handhaaf wat sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog op radikale wyse verander het. Van al die veranderlikes wat ingetree het, moet die inwoners van die Republike deeglik kennis neem, want onkunde of onverskilligheid oor wat alles buite die grense van hul staat gebeur, mag nie geduld word nie.

Dit is die doel van die skrywer van hierdie werk om die nodige inligting te verskaf oor die posisie van die Republiek.

Nadat hy kortliks die veranderde wereld beskryf hetl, gaan hy daartoe oor om die vraag te bespreek hoe sterk die Republiek is. Hy behandel dit vanuit ‘n demografiese, ‘n ekonomiese en ‘n militêre standpunt. Vervolgens word op die aardrykskundige ligging van die Republiek in die wereld ingegaan en dan word die betrekkinge met die verskillende dele behandel.

Voorts word dan die verhouding van die Republike tot die Verenigde Volke bespreek. Dan word afgesluit met ‘n samevatting van die hele toestand en met ‘n bespreking van die vraag wat die doel en strewe van die buitelandse beleid van die Republiek behoort te wees…

Out of stock

Description

Uitgewer: Voortrekkerpers

Uitgawedatum: 1962

Toestand: Hardeband met stofomslag, met inskripsie aan vorige eienaar voorin, boekblaaie nog styf asof die boek nooit gelees is nie