Die reus van Doringberg / H.J. Vermaas

R80.00

Soos hy daar staan, fier en trots, boesem hy vrees by elkeen in. En elkeen weet dat hy sy eie doodvonnis gevel het. Doringberg Wouter is ‘n bedorwe bul. Nou wag daar net die koeël… Maar ‘n vereensaamde kruppel kind, Woutertjie Volschenk, het die magtige Afrikanerbul vereer as die getrouste en verdraagsaamste vriend wat hy ooit geken het. Dit het sy dierbares op die Vrystaatse plaas almal geweet.

Sy ouers, sy broers, sy onderwyseres en selfs sy kruppel maatjie Driekus, kon nie die gemis in Wouter se lewe aanvul soos slegs die Doringbergse reus dit kon doen nie.

Maar Doringberg Wouter, die kampioen en trotse heerser oor die Doringbergse kudde, was nie meer die astrante kalfie wat Woutertjie hans grootgemaak het nie. Hy was ‘n verpletterende kolos wie se uitbundige krag ‘n bedreiging vir iedereen was.

Doringberg Wouter moes sterf.

Die Reus van Doringberg is ‘n uitsonderlike vertelling wat in die smaak van elke jongmens sal val.

Out of stock

SKU: FIKSIE.KOO.003/7/22 Category:

Description

Nasionale Boekhandel Bpk

Sewende druk 1966

Hardeband met stofomslag, boek nog in mooi stewige toestand, stempels voorin boek