Die rooi granaat / Audrey Blignault

R75.00

24 essays in die bundel opgeneem.

Audrey Blignault kan in die Afrikaanse letterkunde met reg gesien word as die voorste eksponent van die informele essay – daardie literêre genre wat va ndei skrywer verwag word om eerlik, onomwonde en sonder skroom te skryf uit wat hy self ervaar, wat hy is, wat hy glo, hoe hy die lewe sien. In hierdie kusnvorm gaan dit om ‘n baie persoonlike visie op wat die skrywer dan ook al tot tema kie – en uiteraard bepaal die essayis hom hier by skynbaar klein, alledaagste, vertroude dinge, want soos Emerson dit gestel het, “waarom moet ‘n mens altyd na nuwe kennis en feite strewe? Die dag en die nag, ‘n huis en ‘n tuin, ‘n paar boeke, ‘n paar dade – hulle kan ‘n mens net so goed dien soos al die bedrywighede en al die skouspele van die wêreld”.

In Die rooi granaat met sy terugkyk op dinge wat verby is, sy fyn spot met allerhande tierlantyntjies van die sogenaamde beskawing, sy intiem-persoonlike siening van die lewe in klein manifestasies is al hierdie elemente by uitnemendheid weer aanwesig.

Out of stock

SKU: FIKSIE.LUC.018/1/18; FIKSIE.APR.044/6/19; FIKSIE.ETS.B.017/10/21 Category:

Description

Uitgewer:  Tafelberg

Datum: Derde druk 1974 en eerste druk 1970

Toestand: Hardeband met stofomslag nooit gelees boek stewig blaaie effe vergeel, naam van  vorige eienaar voorin geskryf. Tweede kopie skoon binneblad aan hardeband vasgeplak

Kopiereg: AB de Villiers