Die seun en die rivier / Henri Bosco

R70.00

Kadetreeks nommer 12

Pascalet woon ‘n op ‘n plaas in Frankryk. Dis lekker daar by sy ouers en tante Martine, maar lekker wat net lekker bly, word naderhand saai as ‘n mens ‘n dromer soos Pascalet is. Van kleins af word sy verbeelding geprikkel deur die rivier wat naby hulle plaas verbyvloei. Die rivier is die grens van die wereld wat hy ken, die rivier maak hom bang en lok hom om die onbekende te verken. Die lokstem van die rivier kom ook tot Pascalet in die persoon van ‘n natuurmens Bargabot wat nou en dan met ‘n mandjie vol blinknat visse op die plaas aankom. En toe sy pa hom uitdruklik belet om na die rivier te gaan en sy ma ook nog die verbod beaam, toe swig Pascalet op ‘n dat voor die lokstem…

Pascalet se lotgevalle word verder in die volgende Kadette vertel: Die ligte voetstap (nr.7) en Die spookjakkals (nr. 8).

4 in stock

SKU: VERTALING.HEL.028/14, VERTALING.HEL.028(2)/14; VERTALING.HEL.254/2012; VERTALING.HEL.028(3)/14;VERTALING.HEL.028(4)/14; Categories: ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers

Eerste druk 1961

Oorspronklike titel: L’enfrant et la riviere

Uit Frans vertaal deur Hettie Odendaal

Illustrasies deur Lynton Lamb

Bandontwerp deur Willem Jordaan