Sale!

Die silwer wiel / Adriaan Snyman

R75.00 R65.00

In Die silwer wiel (1986) neem al die standerd vyf seuns aan ‘n fietswedren deel. Daar is die bullebak Krap Hagen en sy trawante wie se ouers vir hulle vinnige fietse koop, maar ook die arm seun Boetie Faber met die horrelvoet en sy vriend, Klein-Org Stroebel. Hulle moet hulle fietse self uit ou onderdele bou. Boetie oefen solank op die alkoholis oom Siegbert se dikwiel terwyl hy sy eie fiets saamflans. Saam stry hulle, oom Siegbert teen sy alkoholisme en Boetie teen sy liggaamsgebrek. Op die dag van die wedren is oom Siegbert nugter en Boetie eindig tweede, net na Krap Hagen. Ten spyte van die voorspelbaarheid van die verhaal, tref die openhartige eerlikheid en entoesiasme van die boek.

1 in stock

SKU: JEUG.ULU.007/6/20; JEUG.DON.007/04/17 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Vierde druk 1989, Tweede kopie: 11de druk 1991

Sagteband soos nuut plakker op tweede blad uitgeskeur en laat ‘n gommerk na

Omslagontwerp: Helmut Starcke