Die skarlaken Eskader : ‘n vliegverhaal / W.A. de Klerk

R45.00

In die kom van die uitgebrande vulkaan Marako in Midde-Afrika skuil ‘n ernstige gevaar vir die hele wêreld. ‘n Verbitterde Russiese wetenskaplike het hier ‘n moderne lugmagbasis tot stand gebring waar mense uit alle dele van die wêreld opgelei word.

As gevolg van ‘n sameloop van vreemde omstandighede bevind nege loodse van die Suid-Afrikaanse lugmag hulle skielik as gevangenes in die Kratervallei. Hulle kom agter dat die leier ‘n verwoestende wapen ontwerp het om sy droom van wêreldoorheersing werklikheid te kan maak. Wanneer die nege uitvind dat die leier hulle as loodse in sy Skarlaken eskader wil gebruik, besef hulle dat hulle vinning sal moet optree…

1 in stock

SKU: FIKSIE.DON.019/5/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Tweede verbeterde uitgawe, tiende druk 1971

Toestand: Hardeband boek sonder stofomslag, skoolstempel voorin boek met name van kinders wat dit uitgeleen het, plakker van vorige eienaarn voorin geplak boek nog in redelike toestand, agterste titelbladsy uitgeskeur