Die skat van die Inkas / G.A. Henty (Libri-boek)

R80.00

George Alfred Henty is in 1832 in die Engelse dorpie Trumpinton gebore. Van hoërskool is hy na die Universiteit van Cambridge. Hy het egter nie sy graad daar behaal nie, want by die uitbreek van die Krimoorlog, is hy as vrywilliger saam met die Britse troepe. Sy briewe aan sy vriende oor die beset van Sebastopol was so boeiend dat dit in ‘n koerant gepubliseer is. By sy terugkoms wy hy hom dan ook uitsluitlik aan die joernalistiek en vanweë sy veelsydige belangstelling word hy dikwels deur koerante gevra om as verslaggewer beroemde ekspedisies te vergesel. Sy eerste seunsboek Out in the Pampas verskyn in 1868 en is dadelik gevolg deur ‘n  aantal ander met aardrykskundige en historiese agtergronde. ‘n Paar jaar later trek hy in Italië saam met Garibaldi teen die Oostenrykers op en daarna gaan hy na  Frankryk en is teenwoordig by die beleg van Parys in 1870. In totaal verskyn daar omtrent tagtig seunsverhale uit sy pen waarvan die bekendste With Clive in India, Redskin and cowboy, With Wolfe in Canada en The treasure of the Incas. Hy is in 1902 oorlede.

Out of stock

SKU: FIKSIE.VERT.JVW.006/10/22; FIKSIE.(B)VERT.JVW.004/10/22 Categories: , ,

Description

Uitgegee deur J.L. van Schaik

Tweede druk, 1962

Hardeband met stofomslag,  ou bibboek met stempels

Nommer XVII van Die Libri-reeks van klassieke jeuglektuur

In Afrikaans vertaal deur C.J.M. Nienaber