Die skepbekertjie / Eugene N. Marais

R75.00

Die skepbekertjie handel oor die voëls van Witklip. Voorin die boek is ‘n AANTEKENING gemaak deur die uitgewer:

‘n Waardevolle vonds! ‘n Stuk werk uit die hand van Eugene Marais oor jare gebêre in die woonhuis van ‘n Transvaalse plaas, Witklip, naby Bronkhorstspruit. Hoe dit daar gekom het, is ‘n mooi storie.

Witklip, ‘n myl of ses buite die drop, was die plaas van die heer Mike Henn, ryk bedeel met drie seuns en sewe dogters. ‘n Goeie vreinde van mnr Henn, mnr Fanie van Wyk, was prokureur op Bronkhorstspruit. By hom het Eugene Marais ‘n ruk lank in die vroeë twintigerjare gewerk. Hy het gou bekend en bevriend geraak met Witklip se mense en byna elke naweek daarheen uitgegaan. ‘n Stil man, nie spraaksaam nie. Sy plesier was om in die veld te gaan voëls kyk; altyd het hy dan die tien klein Henntjies saamgeneem en vir hulle baie van die veldgoed geleer en vertel. Een van die dogters, Ann(a), nou Mev Mataai Pirnsloo van Ouweswaanskraal in die distrik, onthou veral hoe hulle geprobeer het om die nessie te kry waar ‘n koestertjie skielik opvlieg.

Eugene Marais was veral lief vir die dogtertjie Mara, wat in die Rebellie gebore was. Maar dit was vir haar opgeskote suster Anna (gebore 1906) dat hy beloof heet om ‘n bietjie te hlep met ‘n opstel vir een van die wedstryde wat Die boervrou indertyd uitgeskryf het vir kinders. Al die plekverwysings soos die Groot Pan en die Klein Pan, is na Witklip. Sy moet dit vir die wedstsryd oorskryf en het dit ook gedoen. Maar moontlik het sy fout gemaak met die adres, want sy het nooit weer iets daaromtrent verneem nie. Gelukkig vir ons vandag, het sy Eugene Marais se oorspronklike stuk gebere. Die kosbaarheid, nog sorgvuldig aanmekaar gewerk met ‘n garedraadjie, het sy later van tyd aan haar dogter Sarie van Jaarsveld gegee. Nou, na byna vyftig jaar, kom dit tog in druk. – Die uitgewer, Julie 1968 –

Out of stock

SKU: NIE-FIKSIE.HEV.002/5/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum:  Eerste uitgawe 1968

Toestand: Hardeband geen los omslag