Die son struikel / Dolf van Niekerk

R40.00

Hans du Plessis sê as jy nog nie Dolf van Niekerk se Die Son Struikel gelees het nie, het jy nog nie Afrikaans gelees nie.

Die jong rebel Diederik word as enkele mens gesien, en bowendien in die toestand van onskeibare redelikheid-en-redeloosheid, van bewuste nou-leef en onderbewuste geleef-word vanuit al die verbye, waarin hy bloot “die mens” is, die wenslike mens, die vreemdeling op hierdie aarde, wat alleen in die dood tuiskom, gebore word, deurbreek na God. Daar is ‘n hele tydperk in hierdie mensverskyning opgeneem, ‘n hele periode van ‘n gemeenskap se geskiedenis – van Anglo-Boere-oorlog tot Randse staking – in die prisma van hierdie menstoestand opgebreek, maar in en deur hom word alles in die tydlose opgehef.

Out of stock

SKU: FIKSIE.RHS.014/3/19; FIKSIE.CHA.005/6/20 Category:

Description

Perskor

Vierde hersiene uitgawe, eerste druk 1983; Vierde hersiene uitgawe, vyfde druk 1988

Sagteband ou skoolboek met gewone verweer en potloodaantekeninge, effense vou in die voorblad