Die stil middelpunt: ‘n keur met nuwe gedigte / Ina Rousseau

R150.00

Ina Rousseau is ‘n digter uit een stuk. Kenmerkend va nsulke digters is dat hulle werk – agterna beskou – van die begin af ‘n eenheidsdrag het wat uiteindelik tot ‘n veelsydige samehang lei. Die ontwikkeling van ‘n digterskap vanuit ‘n vaste kern is tegelykertyd middelpuntvlietend én soekend van aard. Anders gestel: daar is ‘n voortdurende konsentriese uitdyding en inkrimping merkbaar. Die oerstof bly konstant, maar die ontginning en omvorming daarvan is ‘n voortgaande taak wat steeds nuwe verrassings oplewer. Die skeppingsproses wat Rousseau in “Broderie Anglaise” beskryf, sou as ‘n beeld van haar eie oeuvre kon dien…

Out of stock

SKU: DIG.JDP.002/9/20 Category:

Description

Saamgestel en ingelei deur Daniel Hugo

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum: Eerste uitgawe 2003

Bandontwerp: Etienne van Duyker

Toestand: Sagteband in nuwe toestand met stempel van vorige boekwinkel klein voorin boek