Die tweede lewe / Chris Barnard

R100.00

Die oorplanting van die eerste menslike hart in Desember 1967 wat allerweë beskou word as die grootste mediese gebeurtenis van hierdie eeu, het Professor Christiaan Barnard oornag wêreldberoemd gemaak. Sy eerste boek, Een lewe, beskryf sy lewensloop van sy kinderjare tot by die dood van die eerste hartoorplantingspasiënt.

Die tweede lewe begin by daardie gebeurtenis en gee meer insig in die vele fasette van Barnard se karakter. Die boek neem ons van laboratoriums, operasiesale, televisie-ateljees, paleise, herehuise, beroemde beddens en huwelike tot by sy liefde vir jong vroue.

Met openhartigheid vertel hy van deure, waarvan die meeste vir ons gesluit is. wat vir hom oopgaan en oe hy onwetende deur elkeen van hulle gestorm het – verblind en bedwelm deur die ommekeer in sy lewe.

Hy vertel ons van sy ontmoetings met Peter Sellers, Gina Lollobrigida, Audrey Hepburn, Sophia Loren en Richard Burton, filmsterre, diktators, politici, kwakke, sjeiks en sjahs. Hul huil van geluk wanneer ‘n jong meisie, wat elders as ongeneeslik huistoe gestuur is, deur haar moeder na hom gebring word – en leef. Hy huil van smart wanneer ‘nseuntjie in sy arms sterf. En hy huil van pyn en frustrasie wanneer sy hande al hoe meer deur artritis aangetas word en hulle nie meer kan verrig wat sy brein beveeel nie – om te genees. Chris Barnar is ‘n man wie se naam sal voortleef.

1 in stock

SKU: BIO.POG.002/6/19 Categories: ,

Description

Uitgewer:  Vlaeberg

Datum: 1ste uitgawe 1993

Toestand: Sagteband nog in goeie toestand naam en boodskap voorin

Geredigeer: Deur Chris Brewer

Oorspronklike titel: The second life

Vertaling: Jan van Tonder