Die weg van ‘n man / P.G. Hendriks

R70.00

Dit is laat toe Lou Greyling die aand, soos gewoonlik by Mein en tant Bets opdaag. Mien kan dadelik die vreemde onderdrukte spanning in hieride man aanvoel, wat so snaaks nederig deur die lewe gaan, so byna afsydig asof hy die vermoë verloor het om die lewe met albei hande te pak en voluit te leef. O ja hy is wel ‘n goeie mens – ‘n pligsgetroue, toegewyde onderwyser, hoflik en vriendelik teenoor almal – maar dit is of hy nie dryfkrag en ondernemingsgees van ‘n man verloor het.

Maar vanaand is hy anders, rusteloos en opgewonde. En uiteindelik begin hy praat. Hy moet praat, want daar het iets gebeur, iets byna ongeloofliks, wat sy hele lewe herskep het – ek ook die lewe van Mien.

Die is ‘n liefdesverhaal – maar dan ‘n liefdesverhaal op ‘n heel besondere vlak. Dit beeld ‘n man se soeke na waarheid en die sin van dinge deur al die vreemde kronkelgange van die lewe.

Die Weg van ‘n man is ‘n intens menslike verhaal wat uit die lewe self geneem is, met voluit getekende karakters, lewende mense met wie se lotgevalle die leser hom volkome kan vereenselwig. Dit is ‘n verhaal wat ontroer en oortuig vanweë sy besondere suiwerheid en treffende eerlikheid.

1 in stock

SKU: FIKSIE.DON.001/2/2/21 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Tweede druk 1974

Hardeband met mooi omslag en skimmelvlekke van ouderdom op eerste binneblad voor en heelagter, inhoud netjies en stewig

Stofomslag deur Meyer Uranousky