Die wiel op die skool / Meindert de Jong (Libri)

R110.00

Meindert de Jong is in die dorpie Wierum in die Nederlandse provinsie Friesland gebore. In 1918 emigreer sy familie na die Verenigde state waar hy vir lang gewoon het. Reeds vroeg begin hy belang stel in skryf en sy ideaal was om hom geheel en al aan die skryfkuns te wy. Hy kon egter vanweë die depressiejare, net na voltooiing van sy universiteitstudie, nie veel vordering as skrywer maak nie en was verplig om sy vader op die plaas behulpsaam te wees. Alleen saans laat kon hy aan sy verhale werk. Een van die persone aan wie hy eiers moes aflewer, was ‘n bibliotekaresse van ‘n kinderbiblioteek in Michigan. SY het van sy stories gehou en hom aangemoedig om daarmee voort te gaan. So is sy eerste kinderboek uitgegee. Die wiel op die skool is sy dertiende boek. Met hierdie boek het hy  in 1954 die Newbery Medalje verower vir die mees uitstaande bydrae tot die Amerikaanse kinderliteratuur van die jaar. Dit is reeds in verskillende tale vertaal en is in 1958 deur die Londense Sunday Times as een van die honderd beste boeke vir kinders gereken.

Out of stock

SKU: JEUG.CDON.112/12/21 Category:

Description

Uitgewer:  J.L. van Schaik

Datum: Tweede druk 1966

Toestand: Hardeband met stofomslag, omslag nog in puik toestand, biblioteekstempel en plakkers agter in boek, binne blaaie netjies.

Oorspronklike titel: The wheel on the school – 1954

Vertaling: Deur E.H. Hoekstra uit Engels vertaal

Illustrasies: Die beroemde Maurice Sendak

Reeks: Die Libri-Reeks van klassieke Jeuglektuur no. XXVIII