Die woestynplantjie / Sarah du Pisanie

R70.00

In die ongerepte woestynw?reld van Suidwes?Afrika is dit slegs die geharde woestynplantjie wat die aanslag van die natuur en elemente kan weerstaan. Ongeag skroeiendce winde, ?n bloedige son en vrieskoue nagte, staan die woestynplantjie fier en regop en verleen skoonheid aan die dor en verlate landskap.
So ?n woestynplantjie is Estelle Retief. Op ?n sendingstasie in die woestyn bet sy gewoond geraak aan die harde lewe, geleer om op haar eie voete te staan, maar ook om die klein dingetjies in die lewe te waardeer.
Na haar ouers se dood aanvaar Estelle ?n betrekking as verpleegster en geselskapdame in die herehuis
van baron Hein von Lindeque, waar sy die versorging van die baron se verlamde jonger broer moet behartig. Christo von Lindeque is ?n verbitterde jong man, terwyl die baron onder die groot las van ?n
skuldgevoel al bykans afgeleer bet om te glimlag. Karin von Lindeque, hulle hooghartige stiefmoeder, skroom nie om haar misnoe? uit te spreek oor die ?boerse skepseltjie? wat Christo moetversorg nie.
Na slegs een dag in die Von Lindeque-woning slaan Estelle byna op die vlug. Maar ?n geharde woestynplantjie laat hom nie sommer deur elke stormwind onderkry nie ? en Estelle besluit om
te bly!
Sarah du Pisanie bet reeds ?n tradisie geskep. Hierdie verhaal, wat speel in die dae van die Suidwes van?n paar dekades gelede, is geen
Uitsondering nie. Die woestynplantjie is suiwer leesgenot van begin tot einde!

Out of stock

SKU: FIKSIE.BOE.007/08/17 Category:

Description

JP van der Walt en Seun, Eerste Uitgawe 1985, Hardeblad, Goeie toestand, Stofomslag – Douw van Heerden