Die wonderbaarlike avonture van Baron von Munchhausen / Gottfried August Burger

R120.00

Wat die grootste spekskieter van alle tye nie alles belewe het nie! Sy vriende wat in die lang wintermaande na sy vertellings sit en luister het, het maar te goed geweet dat die Baron se stories nie alles evangelie is nie. Maar hulle het tog graag geluister.

Ewe graag sal die leser van hierdie versameling hom oorgee aan die bekoring van die baasverteller se relase, en elkeen moet maar sout na smaak byvoeg as hy verneem van die Baron se vreemde ervarings op land, ter see of selfs op die maan!

Hierdie vertaling is ‘n nagenoeg volledige weergawe van die oorspronklike bundel van Gottfried August Burger. Die waarde van hierdie uitgawe word verhoog deur die nie minder nie as 153 afdrukke van die houtsneë wat Gustave Doré in 1853 vir die Franse vertaling gemaak het.

Out of stock

SKU: JEUG.JGE.004/7/18 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum: Tweede Afrikaanse uitgawe, eerste druk 1969

Toestand: Voorste stuk van omslag uitgeknip en op voorblad geplak

Oorspronklike titel:

Vertaling: W.O. Kuhne en C.H. Winckler

Illustrasies: Gustave Doré

Stofomslagontwerp: G.H. Rindfleisch