Die wonderkrag van vergifnis / Wentzel Coetzer

R120.00

Daar bestaan lank reeds ‘n behoefte aan ‘n populêre, dog wetenskaplike gefundeerde boek oor vergifnis. In die lig van die belangrikheid (en steeds belangrik wordende tema) van die saak, moet hierdie uitgawe met oop arms verwelkom word. Hierdie boek voldoen presies aan die behoefte wat beraders en ander terapeute het wat vanuit ‘n Christelike hoek werk. Hierdie werk is juis anders en uniek omdat dit geskryf is deur ‘n gedeë teoloog wat terselfdertyd vanuit diepe empatie en ? prakties-gefokusde benadering, met inagneming van die interdissiplinêre dissiplines, hierdie bydrae maak. Wat my betref behoort elke sielkundige, psigiater, maatskaplike werker, lewensafrigter, leraar, berader en enige persoon wat in ? hulp- en sorgverhouding teenoor iemand staan, hierdie boek op sy/haar boekrak te hê.

Sterk aanbeveel!

Prof George Lotter

2 in stock

SKU: GEE.WEN.004/9/19 Category:

Description

Uitgegee deur die skrywer – Bindworx

2018

Sagteband nuut aangekoop

Omslag deur Liana van der Westhuizen