Dierbare Drosters / Sarah du Pisanie

R110.00

Om skielik opgesaal ts wees met die versorging van ?n weeskind, is al erg genoeg, maar wanneer dit 5
weeskinders is, en boonop ?n spul meisiekinders is raak dit eens t? erg!
Barend van Throtha, skatryk besturende direkteur van die Ebony-myn vind hom skielik in hierdie
onbenydingswaardige posisie. Wat nou gemaak? Stuur hulle weeshuis toe, is die voorstel; wat by toe ook dadelik besluit om te doen. Vir die oudste een reeds twintig jaar oud, kan hy ?n werk kry. Dan hoef by hom ten minste nie oor hulle opvoeding te
bekommer nie.
Barend von Throtha ken egter nie die Viljoen-kinders nie. Toe by sy oe uitvee, het hulle spoorloos verdwyn!
Hy het die polisie op hulle spoor gesit en ook sy seun, Ludwig, wat nou boer waar hulle eens gewoon het.
Terwyl Ludwig eendag te perd ry op sy nuwe plaas, merk by ?n pragtige meisie in die veld op. Sy bly later in sy gedagtes, maar hy kan nie uitvind wie sy is nie, totdat hy eendag vir ou Selons, die prospekteerder, onverhoeds betrap . . .
Anette Adendorf, Ludwig se gewese verloofde, daag onverwags saam met Barend op en krap Ludwig se goed uitgewerkte planne lelik deurmekaar . . .
Dierbare drosters van Sarah du Pisanie is ?n verhaal vol hartseer, spanning ?n humor. Die liefde tussen
vyf pragtige susters en die hegte band wat hulle bied, asook hulle lieftalligheid en onweerstaanbaarheid, spreek tot die leser. Hierdie verhaal uit die ou Suidwes sal lank onthou word!

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.0008/6/8/22; FIKSIE.TBT.095/623 Category:

Description

JP van der Walt en Seun

Eerste Uitgawe 1987

Hardebandboek in puik toestand

Stofomslag – Douw van Heerden