Domein van glas / Henk van Woerden

R130.00

.Domein van glas vertel die verhaal van Dimitri Tsafendas, die man wat dr. Verwoerd op 6 September 1966 met vier wilde dolkhale om die lewe gebring het. Dis ‘n boeiende reis deur die verlede, ‘n versigtig na-loop op spore wat lê in die Tuine, tot in ‘n psigiatriese hospitaal op Krugersdorp. ‘n Land en landskap wat verruklik – en soms met verskrikking – geteken word.

Binne hierdie werklikheid word die vermoede ruimtes van Tsafendas gepeil en word dié halwe Griek, halwe swart man se kop en verlede ‘n fassinerende narratief wat hom afspeel teen dié van Verwoerd en Van Woerden – albei half Hollander, Half Suid-Afrikaner.

Henk van Woerden is in 1947 in Leiden gebore. Vir ‘n tydperk van twaalf jaar bly hy in Suid-Afrika en gradueer hy aan die Michaelis Skool vir Skone kunste in Kaapstad. Hy skryf twee hoogs aangeskrewe romans. Moenie kyk nie (1993) en is bekroon met die Geertjan Lubberhuizenprijs. Daarna volg Tikoes (1996). Een mond vol glas  verskyn in 1999 en is die indringende laaste deel van ‘n drieluik oor Suid-Afrika. Dit word tans ook vertaal in Engels, Grieks en Noors en sou later in die VSA ook verskyn

1 in stock

SKU: BIO.NWR.013/2/20; BIO.JUL.01/1/20 Categories: ,

Description

Uitgewer: Quellerie Uitgewers

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 2000

Toestand: Sagteband splinternuut

Vertaal:  Uit Nederlands vertaal deur Antjie Krog

Oorspronklike titel: Een mond vol glas – 1999