Sale!

Droomoog Diepgrawer / Leon de Villiers

R90.00

Lank-lank gelede was die Diepgrawers ‘n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor – Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond! Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit! Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die verskriklike Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ‘n ware Diepgrawer, ‘n erd wat nie opgee nie, ‘n erd met ‘n plan.

1 in stock

SKU: KIN.WAV.007/11/10/21 Category:

Description

Lapa Uitgewers

Tweede uitgawe 2008

Hardebandboek in puik nuwe toestand ‘n pragtige stewige boek in nuwe toestand

Uitstekende illustrasies: Berco Wilsenach

Wenner van die Alba Bouwer-kinderliteratuur-prys asook wenner van de CP Hoogenhout-toekenning vir kinderliteratuur.