Dwaalstories / Eugene Marais

R55.00

NP van Wyk Louw skryf oor Dwaalstories: Ek het na die herlees van die boek moet erken: heel vroeg  was hierdie stories vir my “oulik”, nie onaardig, fyn… Eers baie baie later sjarmant en fassinerend.

Vandag sou ek sê hierdie vier stukke is van die grootste prosa in ons taal. Vreemd tog, dat ‘n mens dit nou sê. So groei literêre oordeel…

Marais het hier in “gesigte” soms iets gesien van wat Afrikaanse kuns kan wees. Suiwerder as wat hy ooit in verse kon sê.

Dis prosa wat ons jong skrywer van buite moet ken – en dan in geen geen enkele opsig … na-aap nie.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.015/5/19 Category:

Description

Human & Rousseau

Sesde druk 1969

Hardeband met mooi gekleurde voorblad, naam van vorige eienaar voorin geskryf, stempel van vorige organisasie wat boek besit het, boekblaaie effense tekens van vog – blaaie lig gerimpel

Illustrasies deur Katrine Harries

Die dwaalstories van Eugene N. Marais het oorspronklik deel uitgemaak van Dwaalstories en ander vertellings, waarvan die derde druk in 1937 verskyn het.