Eendoring met lang bene / Elsabe Steenberg

R90.00

As ‘n mens dertien is en in standerd ses, is dinge dikwels deurmekaar. Nicola weet nie weer of sy Pa se seunskind-dogter Niek-wat-die-bal-skop, of ‘n ertsie-flertsie-meisiekind wil wees nie. Omtrent alles wat sy in standerd vyf gedoen het, is nou skielik ‘n sonde. Wat het dan so danig verander?

Toe Ma by tannie Miem-julle gaan bly om gesond te word van haar geelsug, raak sy en Pa skielik vreemdelinge vir mekaar. By die skool is dinger ook nie reg nie. Linette hou haar danig eenkant, daardie Ben-Johan lol aanmekaar tussen-in en toe sy die dag uitvind dat sy nou regtig ‘n meisie is, voel Nicola sy kan stik. Op die ou end kom Nicola agter dat dinge tog weer regkom, en dat sy sommer net sy kan wees.

Eendoring met lang bene het ‘n eerste prys in Tafelberg-Uitgewers en Sarie se meisieverhaalwedstryd. Dis ‘n verhaal wat spreek van insig en begrip van daardie deurmekaar tyd in ‘n mens se lewe. Nicola se gevoelens en optrede, haar vreugde en hartseer, asook die grootmense se onbegrip en simpatieke insig, word op so ‘n oortuigende en aangrypende wyse uitgebeeld, dat hierdie verhaal ‘n mens baie lank sal bybly.

Out of stock

SKU: JEUG.DOR.002/7/19 Category:

Description

Tafelberg

Eerste druk 1979

Hardeband met mooiste voorblad , skoolboek met stempels van die skool op die titelbladsy, boek verder soos nuuut

Bandontwerp: Helmut Starcke

Hierdie roman het die eerste prys verower in Tafelberg en Sarie se meisieverhaalwedstryd vir die ouderdomsgroep twaalf tot vyftien jaar.