Ek het met jou getrou / Walter Trobisch

R65.00

HIerdie besondere boek is vol lewe en aksie en lees maklik. Die benadering van die probleme van seks en huwelik is prakties en suiwer christelik. Getroudes, verloofdes en voornemende verloofdes sal die boek met baie groot vrug kan lees.

Walter Trobisch het vir baie jare in Afrika gewerk. Hy en sy Sweeds-Amerikaanse eggenoot, Ingrid het talle lesings oor huweliks- en gesinsprobleme gegee. Hulle het nie net in Afrika en Suid-Afrika opgetree nie maar ook in ander lande van die wêreld.

Die inhoud van hierdie boek bevat onder ander ‘n reeks sulke lesings wat in ‘n Afrika-stad gehou is. Die probleme wat daarin behandel word het egter baie duidelik betrekking op enige Westerse samelewing.

Out of stock

SKU: GEE.BHC.009/3/18 Category:

Description

Uitgewer: NG Sendinguitgewers

Datum: Eerste druk 1975

Toestand: Hardeband met mooi stofomslag met effense verweer op rugkant en aan bokant van boek, teks in puik en nuwe toestand, boodskap aan vorige eienaar voorin geskryf

Oorspronklike titel: I married you en Duitse vertaling: Heiraten oder nicht

Vertaling: Jenneke Fehrsen

Voorwoord: Murray Janson