Ek, Juan de Pareja / Elizabeth Borton de Trevino

R85.00

Ek, Juan de Pareja, wat in die oorspronklike met die Newbery-medalje bekroon is, is seker een van die prikkelendste jeugromans wat nog in Afrikaans vertaal is. Dis geskik vir kinders van 12-16 jaar.

Toe die geniale Valezquez in die sewentiende eeu sy meesterstukke aan die Spaanse hof geskilder het, is sy verfstof fyngemaak en vermend en sy seildoeke gespan deur sy jong slaaf, Juan de Pareje.

Dit is die lewe van Juan de Pareja wat die stof vorm van hierdie gevoelige en pakkende jeugroman, wat ook ryk is aan avontuurlike gebeure.

Juan is nog ‘n jong seun as hy sy eerste meesteres verloor in die pes in Sevilla en geerf word deur die skilder Valezquez van Madrid, vir wie hy voortaan dien. Weens sy toewyding en edele inbors, word hy, in weerwil van sy sy status, die vriend en vertroueling van die swygsame Maestro Valezquez, maar steeds knaag die begeerte aan hom om self te skilder – iets wat in Spanje van destyds vir ‘n slaaf verbode was…

 

 

Out of stock

SKU: VERTALING.FD.KAN.002/9/17 Category: Tags: , , ,

Description

Uitgegee deur John Malherbe Edms Bpk.

Afrikaanse vertaling 1965

Oorspronklike titel: I Juan de Pareja

In Afrikaans vertaal deur Ria du Toit