En die oranje vloei verby / Sangiro

R70.00

In En die Oranje vloei verby gee Sangiro tien sketse van die lewe in die  dor streke van Namawaland en Namibië.. As romantikus en “digter” van die oerwoud, reis hy die keer in die harde “woestyn”-wêreld van die Hobsons rond.

Sangiro kyk egter nie net na die land met sy droogte en ontberinge nie, maar as fyn waarnemer van die natuur kyk hy diep en indringend. Hy ontdek die geheime van dié wêreld en sy mense: “Maar ook Namutoni het sy stukkie romantiek, en meer as een besoeker het homself seker al afgevra watter geskiedenis hom kon afgespeel het agter daardie wit mure wat nou so stil en onwerklik in die bewegende gloed van die middel lê, asof hier inderdaad die rus van Afrika nooit gesteur kon gewees het nie.”

Dit gaan Sangiro dikwels meer om die mens as om die landskap. In geestige trant vertel hy van die taaiheid van die Boesmanlander wat, “as hy ‘n geseënde ouderdom berei en baie nattigheid kan verduur, in sy tydspan maklik vyf of ses goeie reënjare belewe”, van rondtrekkende skaapskeerders en van die land en sy inwoners waar die instelling van verpligte onderwys ” byna die belangrikheid van ‘n staatsgreep” verkry het. Met gevoel en warmte word mense soos oom Giel van Namakwaland, Oom Gert Koppies en ou Koos van Eensaamheid geskets.

In hierdie boek beskryf Sangiro die Namakwalanders en hulle land op so ‘n manier dat hulle mensetipes word wat – nes die werklikheid – moeilik is om weer te vergeet!

1 in stock

SKU: FIKSIE.CHA.200/6/20 Categories: ,

Description

Uitgewers: Perskor

Datum: Tweede uitgawe, eerste druk 1983

Toestand:  Hardeband sonder stofomslag boek nog soos nuut en skoon, skoolstempel voorin boek sowel as vorige boekwinkel stempel boekinhoud soos nuut, merk op voorblad waar plakker op rug verwyder is.