Sale!

Eugene de Kock: Sluipmoordenaar van die staat deur Anemari Jansen

R190.00

“Op ’n dag skraap ek my moed bymekaar: ‘Eugene, hoe voel dit om ’n ander mens dood te maak?’

Sy gesigspiere trek onwillekeurig in afgryse. ‘Die mens, die slagoffer, gee ’n reuk af,’ sê hy. ‘Ek kan die reuk vandag steeds herroep. Dit walg my tot in my siel toe, daardie reuk van vrees wat deur daardie mens se sweetgaatjies en liggaamsvog na buite bars.’”

Die bloed van tientalle anti-apartheidaktiviste sit aan Eugene de Kock hande. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hy die vergestalting van boosheid.

Is daar enige menslikheid aan die man wat talle ’n monster noem en hoe het hy so geword? Anemari Jansen gaan soek na antwoorde in De Kock se streng grootwordjare, sy eerste blootstelling aan grutonele as jong polisieman aan die Oos-Rand en in die Grensoorlog waar hy as lid van Koevoet ’n jagter van mense geword het.

Jansen het eksklusiewe toegang tot De Kock se familie, asook oud-Koevoet- en Vlakplaaskollegas gehad. Sy skets ’n prentjie van ’n hoogs intelligente, dog komplekse mens wat van kindsbeen af ’n buitestaander was.

Jansen haal ook groot dele direk aan uit De Kock se dagboeke en ’n ongepubliseerde manuskrip. In sy eie woorde is hy skreiend eerlik – De Kock skram nie daarvan weg om van sy wandade in detail te beskryf of sy opdraggewers te identifiseer nie.
Die boek skets nie net die era en omstandighede wat tot Vlakplaas gelei het nie, maar bied ook insae in De Kock se menslikheid.

Out of stock

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk  2015

Sagtebandboek nog redelik blaaie is wel effens vergeel boek nog mooi

Anemari Jansen is ‘n gepubliseerde fiksieskrywer wat in 2014 haar eerste niefiksiewerk oor die lewe van Eugene de Kock voltooi het. Haar debuutroman, Glipstroom, het in 2014 by Tafelberg verskyn.

Anemari het De Kock in 2011 vir die eerste keer in die tronk ontmoet en daarna op ’n tog gegaan om De Kock as mens en die gebeure gedurende die apartheidsjare beter te verstaan. Haar navorsing het haar na alle uithoeke van die land geneem en in kontak gebring met talle oud-Koevoet- en Vlakplaaslede.

Sy het ‘n M.A. in Afrikaans van die destydse R.A.U. (vandag Universiteit Johannesburg) en ‘n B.A. (HOD) van die Universiteit Pretoria. Sy skryf sedert 2012 artikels vir die aanlynpolisietydskrif eNongqai, het ’n gastehuis in Bedfordview, Johannesburg, en skilder wanneer die gier haar pak.