Fleur / Chanette Paul

R100.00

Hy besit reeds haar hart, maar hy wil eintlik net haar erfplaas hê…
Fleur is nie ‘n Davel nie, maar ‘n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are.  In 1938, toe daar ‘n geweldige wynoorskot was, erf sy ‘n verwaarloosde wynplaas en ‘n groot hoop skuld van haar pa.  Sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel (Tamara se seun) in die vallei aan. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is ‘n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.

In Fleur word al die drade van die karakters in die Davel-reeks bymekaar getrek.

Boeke in die reeks:

Willemien: die taalstryder, Annabella: die vegter vir vrouestemreg, Deborah: Die wildewragtig argeoloog, Isabella: Die kunssinnige gravin, Fleur: Die grondeienaar en  Tamara: die matriarg en Maryn: Die konfytkoker

In hierdie reeks van 7 historiese liefdesromans, volg Chanette Paul die wel en weë van die mooi, maar wederstrewige Davelvroue van 1899 tot en met 1938. Elkeen van die vroue voer hul eie stryd, beleef op hul eie unieke manier die geskiedkundige tydperk waarin hulle leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat hulle liefkry.

Hoewel die reeks steeds fokus op vroue se belewing van die liefde, spreek dit ook die kwessie van vroue se bemagtiging, eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan.

Die uiteinde van die saak is hierdie sewe boeke oor die sewe eiesinnige Davel-vrouens.     

Out of stock

SKU: FIKSIE.RIC.009/10/22 Category:

Description

Uitgewer: LAPA

Datum: Tweede uitgawe 2012

Toestand: Sagteband nog mooi en in puik toestand

Reeks: Die Davelvroue