Flippie se skewe bome / Cornelia Kruger

R65.00

Sy weet nou waarheen sy sal gaan. Séé toe. Buite in die straat klap haar kaal voete op die warm teer toe sy van die huis af weghardloop. Die ritmiese beweging maak ‘n deuntjie in haar kop. ‘n Zoeiiii-deuntjie wat in haar kop draai.

See toe, Flippie-dief, see toe, Flippielief. Grief, brief, dief, lief-lief-lief. See toe, lief toe…

Maar vir Phillipa Human was daar maar min liefde. Haar lewe as standerd vier-dogter was ingewikkeld en vol probleme. En nou het sy besluit om weg te loop. Almal gaan glo  dat sy ‘n dief is en in haar kamer lê die onvoltooide boosmskildery – elke boom so skeef geskets asof hulle in die hart van ‘n orkaan staan. Die wit wolk wat oupa Josie moes gewees het, is pikswart en dreigend. Dis ‘n ruwe, stormagtige stukkie werk, vol geweld en onrus. Flippie se skewe bome is ‘n aangrypende jeugverhaal, vol spanning en humor, wat die leser van meet af boei en telkens ontroer…

1 in stock

SKU: JEUG.MIK.007/12/20 Category:

Description

JP van der Walt

Eerste druk 1981

Hardeband met mooi voorbladskets, boek in puik toestand

Stofomslagontwerp: Annette Stork