Floris Sapiens: ‘n fantasie / Chris Karsten

R75.00

Verskeie van Chris Karsten se kortverhale verskyn in tydskrifte voordat hy sy eerste boek publiseer, die jeugverhaal “Floris Sapiens”. Die titel van die boek is afgelei van die Florisbad opgrawingsgebied in die Vrystaat. Hierdie boek is wetenskapfiksie wat handel oor ’n groep pre-historiese kinders. Floris en sy vriend Saldanna wil nie tradisies blindelings aanvaar nie en gaan op ’n swerftog om nuwe dinge te ervaar. Deur hulle omswerwinge kry hulle te doen met oorlewing, liefde en oorlog, wat oortuigend teen die agtergrond van die oertyd geskets word binne ’n kontemporêre perspektief op selfstandigheid en individualiteit. In 1985 ontvang hy die Sanlamprys (Silwer) vir Jeuglektuur vir “Floris Sapiens”.

Out of stock

SKU: JEUG.CDON,031/16/2/22; JEUG.DON.008/14/9/23 Category: Tags: , , ,

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe eerste druk 1985

Hardeband met gekleurde glansvoorblad boekblaaie is effens vergeel maar skoon en netjies binnd

Bandontwerp: Helmut Starcke

Hierdie boek het die Silwer Sanlamprys in 1985 gewen.