Frik / Ben Venter

R60.00

Frik is ‘n storie van boerseun, ‘n kind. Hy kan sing en is volgens die mense ‘n tweede Chris Blignaut.

“Sangers is per slot van rekening maar net mense. Die gehoor kan ‘n bietjie wag op die toegif, hy gaan nou-nou kombuis toe. Wanneer hy terugkom, sal hy sing dat die honde huil.

Hy stap na die kas, maar kyk eers na sy ma se glase wat op die rak stan. Nie een is gebreek nie! Hy is diep terleurgestel. Sy stem behoort tog ‘n glas te kan breek? Wat is nou verkeerd? Hy kyk na die vensterbank. Hul tuinjong se koffiebeker staan daar. Daar is ‘n duik in aan die een kant en die erd is ook af. Dis nie onmoonlik nie, dink hy. Dis glad nie onmoontlik nie…

‘n Verhaal duer ‘n meesterverteller Ben Venter. Nog ander boeke uit sy pen is WaterbobbejaanBubo, Pels en Salmaklak.

Ben Venter is op Lichtenburg in Wes-Transvaal gebore. Na sy skooljare op Klerksdorp is hy na die Universiteit van Pretoria waar hy in die teologie gaan studeer het. Van 1949 tot 1965 is hy Hervormde predikant in verskillende Transvaalse gemeentes. Daarna word hy skakelbeampte ein in 1967 tree hy tot die staatsdiens toe. SY eerste boek, Waterbobbejaan het in 1968 by Voortrekkerpers verskyn en is met die Scheepersprys vir Jeuglektuur bekroon deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

 

Out of stock

SKU: JEUG.SUR.1667/2012 Category:

Description

Uitgewer: Perskor

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1973

Toestand: Hardeband met ‘n stofomslag maar die omslag is verniel en boonop heelwat kleiner as die boek – onverstaanbaar… boek in redelike toestand

Stofomslag en illustrasies: Annette Stork