Gannavlei / Dolf van Niekerk

R70.00

Sy eerste roman “Gannavlei”, word op sy radiovervolgverhale “Die rebelle van Gannavlei” en “Die eerste burger van Gannavlei” gebaseer en in 1958 gepubliseer. Dit is die verhaal van die lief en leed van eenvoudige mense op ’n klein plattelandse dorpie. Reeds in “Gannavlei” is die twee hoofkarakters (Dawid en Duif) deur hulle asosiale gedrag buitestaanders, al val hierdie roman nog met sy romantiese toonaard, kleindorpse milieu en oordrewe beeldgebruik binne die kader van die ouer prosa. Die uitbeelding van die buitestaanders bring egter ’n mate van vernuwing in die tradisie van die kleindorpse vertelling. Die gelyktydige ontwikkeling van verskeie uiteenlopende motiewe gee ’n episodiese bou aan die roman, terwyl die verwisseling van die verteller vanaf die ongekwalifiseerde “ons”, later een van die dorpsgenote en nog later ’n aktiewe karakter nie strook met die regstreekse aanbieding van Dawid en Duif se binnegedagtes nie.

4 in stock

SKU: FIKSIE.SKO.068/15 Category:

Description

Dagbreek-Boekhandel

Tweede druk 1961

Hardeband sonder stofomslag, ou skoolboek met stempels en potloodaantekeninge hier en daar

Illustrasies: C. Ebersohn

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Gannavlei / Dolf van Niekerk”