Geld in Suid-Afrika / C.L. Engelbrecht

R350.00

Geld in Suid-Afrika is die romantiese verhaal van drie eeue se geldstelsels. As die volledigste boek oor die geskiedenis van geld en bankwese, bevat dit ‘n rykdom aan besonderhede en beskrywings van munte en note, toegelig met talle illustrasies en tabelle.

Elkeen wat in geld belang stel, sal die boeiende verhale agter die bekende munte en note geniet. So was daar in die dae van die VOC onder meer die Spaanse reaal wat twee eeue lank wêreldwyd die handel oorheers het, die veelbewoë riksdaalder (die eerste Suid-Afrikaanse papiergeld) en die skeepsgulden van die Bataafse tydperk. Van 1825 vervang Britse sterling egter die riksdaalder, en ‘n nuwe era van ponde, sjielings en pennies breek aan.

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.SUR.122/6/20 Category:

Description

Uitgewer:  Tafelberg

Datum:  Eerste uitgawe 1987

Toestand: Hardeband met gekleurde glansvoorblad – boek in puik en skoon toestand, twee bruin kolletjies skimmelvlekkies op eerste skoon binneblad.

Foto’s en illustrasies: swart en wit en gekleurde fotos is mooi bypassend en aanvullend tot die teks, ook mooi antieke swart en wit fotos uit die oorlogjare.