Description
Uitgewer: Departement van Inligting
Datum: Desember 1971
Toestand: Groterige sagteband boek met mooi gekleurde foto’s, kolletjies op voorblad verder is boek in puik toestand
Oor die skrywer:
Prof. W.J. de Kock is in 1917 in die kaap gebore. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad Geskiedenis en Opvoedkunde gestudeer. In 1940 het hy tot die onderwys toegetree en ‘n hoogs geslaagde loopbaan daarvan gemaak. In 1946 het ‘n doktorsgraad in Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. In 1951 het hy vir 3 jaar na Europa gegaan as tydelike argivaris om argiefmateriaal in verband met die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 te versamel. In 1962 het hy hoofredakteur geword van die Suid-Afrikaanse Biografiese woordeboek. Die eerste boekdeel van dié publikasie het in 1968 verskyn en ten tyde van sy dood in 1970 was die manuskrip van die tweede boekddel ook persklaar.