Gids by my vyfde Verseboek / Elize Botha en Joan Swiegers

R80.00

‘n Handleiding by die onderrig van poësie vir standerd vyf. Hierdie boekie bevat lesse en kommentare gebaseer op die gedigte in CB Linder en DJ Opperman se My vyfde verseboek. War dit ons in die eerste plek te doen was om ‘n hulpmiddel by die onderrig van poësie vir die laerskoolleerling te verskaf, het ons met vrymoedigheid aangeknoop by die werk van hierdie bekende bloemlesers. Die volgende gedigte word in hierdie boek bespreek:

Sterretjie, Raadop, Biesie-Biesie-Bama, In die land van Marmelade, Met ‘n mandjie rose, Hasie gaan vry, Die wit seeperdjie, Wat ek gaan word, Skulpiesgeskinder, Kind van tien, Muskietejag, Die verkleurmannetjie, Nuttige resepte, ‘n Saak het twee kante, ‘n Koper Ou-lap, Die soldaatjie van Wenen,  Die seerowers, Sneeuwitjie, Boomsingertjie, In die stad, Reën, Ou Oom,  Stille werkers,  Makoemazaan, die waterman, Dood van die wildegans, ‘n Sprokie en Die stem van Suid-Afrika.

1 in stock

SKU: TAAL.JUN.006/10/19 Category:

Description

Uitgegee deur Nasou Beperk

1972?

Sagteband boekie met mooi gekleurde voorblad, stempels in boek en sakkie agterin