Gister, vandag en more / Sunette Bridges

R70.00

Daar was eenmaal ‘n dogtertjie wat daarvan gedroom het om eendag ‘n ballerina te wees en die hoofrol in Giselle en Swanemeer te dans. Hierdie droom het op ‘n lentedag met ‘n ongeluk op die tennisbaan aan skerwe gespat. ‘n Jongmeisie wat gedroom het oor haar troudag met haar prins en ‘n bruilof met baie gaste, blomme, ‘n eerste dans en Tant Koek se Hoenderhaan. Maar verskillende omstandighede en invloede het gemaak dat niks so gebeur het nie. ‘n Jong vrou wat gesmag het na ‘n eie gesinslewe en loopbaan waarin sy haar unieke menswees en vrouwees kon uitleef. Haar pad het haar egter deur ‘n skemerige bos met hekse en wolwe maar ook met ridders en goeie fee geneem. Gister vandag en more is die lewensverhaal van Sunette Bridges, dogter van Bles Bridges. Hierin praat sy eerlik en openhartig oor die rol en invloed van haar beroemde pa in haar lewe, oor die goeie en swak keuses wat sy gemaak het en wat haar eie lewe en die van die mense om haar onherroeplik verander het, en die lang pad wat sy moes afle voordat sy by die plek kon kom waar sy onomwonde kan se: Ek is Sunette. Aanvaar my vir wie ek is.

Out of stock

SKU: BIO.AMA.008/5/19 Category:

Description

Carpe Diem

Eerste uitgawe eerste druk 2007

Sagteband nog so goed as nuut, vorige eienaar se naam voorin geskryf