Gordel van smarag: ‘n Reis met Leipoldt / Elsa Joubert

R150.00

In 1912 reis C. Louis Leipoldt na die Ooste as skeepsdokter van die vragskip Ulysses. Hy stip besonderhede en hoogtepunte van sy reis aan in leersakboekies, en skryf later ‘n reeks gedigter (opgeneem in Drie wêrelddele), asook ‘n ongepubliseerde reisverslag, Visit to the East Indies.

Elsa Joubert, wat van jongs af ‘n buitengewone band met Leipoldt, die digter aanvoel, pak in 1995 ‘n reis na Indonesiê aan. Haar  reisgenoot is haar man, Klaas Steytler, haar mentor en geestelik gids Leipoldt.

Teen die agtergrond van ‘n eksotiese Oosterse wereld met sy fassinerende geskiedenis en kultuur, ontdek die leser saam met haar verskuilde fasette van Leipoldt se persoonlikheid en verkry sy Oosterse gedigte nuwe betekenis.

 Gordel van smarag is ‘n ontdekkingsreis, ‘n speurtog na die hart van een Afrikaans se mees geliefde digters.

Out of stock

SKU: FIKISE.OPE.003/15/9/23 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe 1997

Hardeband met mooi gekleurde voorblad boek so goed soos nuut