Granate bloei in Jerusalem /Leroux-Van der Boon, Marzanne

R110.00

“Die eerste aand toe ek jou die granaat sien eet het, moes ek jou al liefgekry het…”

Die fynbesnaarde Suid-Afrikaanse kunstenaar, wat al sy indrukke deur houtskool op wit papierlandskap verwerk, skakeer die donkeroog-Jodin se mond rooi soos granaatsap. Maar heelwat later, in die swart houtskoollyne van ‘n geskende Jesus met ‘n doringkroon, moet hy ook donkerrooi bloed inskakeer…

Wanneer die handgranate om hulle fluit, steek sy liefde vir Rivkah soos ‘n pyn deur Marc. Nie net hang die wolke houtskool oor Jerusalem nie – die jong Suid-Afrikaner en Messiaanse Jodin, met ‘n Ortodokse rabbi as pa, kom uit algeheel uiteenlopende agtergronde. En om hulle ontplof Israel, verbondskind van God.

1 in stock

SKU: GEE.ULU.025/11/20; GEE.BFL.(B).009/11/11/22; GEE.NEL.(C).038/5/23 Category:

Description

Lux Verbi

Tweede druk 2004

Sagteband in redelike toestand, puntjies van voorblad effens gebuig.

Hierdie boek is in 2004 twee maal bekroon – deur die ATKV as wenner van die prosaprys en deur die Christelike boekhandelaars van Suidelike Afrika as wenner van die Fiksiekategorie.