Granate bloei in Jerusalem / Marzanne Leroux-Van der Boon

R110.00

“Die eerste aand toe ek jou die granaat sien eet het, moes ek jou al liefgekry het…”

Die fynbesnaarde Suid-Afrikaanse kunstenaar, wat al sy indrukke deur houtskool op wit papierlandskap verwerk, skakeer die donkeroog-Jodin se mond rooi soos granaatsap. Maar heelwat later, in die swart houtskoollyne van ‘n geskende Jesus met ‘n doringkroon, moet hy ook donkerrooi bloed inskakeer…

Wanneer die handgranate om hulle fluit, steek sy liefde vir Rivkah soos ‘n pyn deur Marc. Nie net hang die wolke houtskool oor Jerusalem nie – die jong Suid-Afrikaner en Messiaanse Jodin, met ‘n Ortodokse rabbi as pa, kom uit algeheel uiteenlopende agtergronde. En om hulle ontplof Israel, verbondskind van God.

1 in stock

SKU: GEE.NWR.009/2/19; GEE.DON.309/8/19 Category:

Description

Uitgewer: Lux Verbi

Datum: Vyfde druk 2006 en Derde druk 2004

Toestand:  Sagteband in mooi en netjiese toestand, een puntjie van voorblad effens gebuig – Naam en datum voorin boek geskryf