Grotkoppie se Skatgrawes / C.S. Badenhorst

R100.00

Wanneer vier stadskinders se ouers skielik genoeg geld het om ‘n beesplaas te koop, is dit gewoonlik die begin van vele en groot avonture. Met die jong Nels – Magiel, Mias en die tweeling Nelie en Egbert – was dit natuurlik ook die geval. Maar op die plaas Grotkoppie, wat vroeër aan ‘n skatryk kluisenaar behoort het, was daar boonop ‘n versteekte skat. Magiel en die tweeling is die avontuurlustiges wat kliphard skat soek, maar Mias is anders. Hy het ‘n liefde vir die grond en glo sy skat sal hy in die groentetuintjie en hoenderboerdery vind.

Daar volg terugslae, maar elkeen se soektog na sy eie skat gaan voort. Wie gaan die wedloop wen en eerste ‘n skat vind? Die antwoord op hierdie vraag lê iewers in hierdie lewendige verhaal weggesteek tussen die vlermuise, geraamtes, spoke, kopbene, murasies… en ‘n kluisernaar se ou geroeste graaf!

Out of stock

SKU: JEUG.ULU.007/6/8/20 Category:

Description

Uitgewer: JP van der Walt en seun BPK

Datum: Tweede druk, 1977

Toestand: Hardeband met stofomslag boek in splinternuwe toestand effense vergeling op binnebladsy

CS Badenhorst is ‘n puik jeugskrywer – en haar boeke altyd skaars.