Hanna / Rachelle Greeff

R65.00

Hanna is ‘n kleremaker, een wat eerder praat met mooi lappe as met woorde. Metteryd ontdek sy stilbly het ‘n manier om mens van kop tot tone toe te spin. Albei haar kinders, Wim en Anja, swerf in die buiteland. Tog verbeel sy haar sy’t geleer om ook hierdie allenigheid te besweer.

Wanneer Wim terugkeer na Suid-Afrika, berei Hanna met groot liefde ‘n besondere feesmaal. Maar die aand val haar lewe aan skerwe en die letsels van hierdie gebeure lei haar op ‘n eensame pad terug haar verlede in: na haar oupagrootjie se afgesonderde vuurtorings aan die Kaapse kuns en haar kinderjare in die Karoo. Die na-trillings van ‘n persoonlike trauma tydens die 1969-aardbewing ruk haar weer ‘n keer tot stilstand en sy trotseer oplaas die heimwee wat in haar hart woon seder Ville, haar man haar verlaat het .

Op ‘n boeiende wyse verweef die bekroonde skrywer, Rachelle Greeff die donker geheimenisse van een vrou se swye met die geskiedenis van ‘n gekwelde land. Hanna is ‘n verhaal van hoop en heling.

Out of stock

SKU: FIKSIE.SON.029/11/16 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum:  Derde druk 2003

Toestand: Sagteband boek in skoon toestand, punte van die boek is wel effens gebuig van die lees