Hans Rebel en sy maats / J.J.G. Grobbelaar

R70.00

“Johannes Niemand, gaan aan met jou somme! Ek waarsku jou vir die vierde en die laaste maal, hou op om vir die klas skewemond te trek! Jy ontstig di hele klas – bêre maar jou plaasskool-maniere!”

Die mand wat praat is mnr “Snaar” Mostert, die seun met wie gepraat word, is Hans Rebel. As ‘n seun op sy eerste oggend in die dorpskool al so vermaan moet word, kan mens verwag dat daar nog baie streke in sy kop gaan uitbroei. Dit is dan ook net wat gebeur. Hans word die leier onder die skoolseuns van Goedgelegen. Saam met sy maats bedink hy die dinge waarmee seuns hul besig hou – soms tot groot ontsteltenis van die ouer geslag. Hulle lê die waatlemoendiewe voor – en daar word byna moord gepleeg, hule probeer ‘n vuurpyl die hemelruim instuur en hoewel hulle nie verongeluk nie, word daar so met hulle afgereken dat hulle moeilik kan sit…

1 in stock

SKU: KIN.JDP.016/10/17 Category: Tag:

Description

Uitgegee deur Nasionale Boekhandel Bpk.

Derde druk 1962

Hardeband met stofomslag, heelwat verweer op omslag van boek, skoolstempel voorin boek, bladsye is bros van ouderdom maar nog skoon en netjies

R70