Hart van die groot woestyn / Annelize Morgan

R90.00

Vir die Rashad-stam van die groot Woestyn, is die Swaard van Abdurraghaman die embleem van vrede. Maar hy is weg en die twee Rashad-broers roei mekaar uit. Nie voor die swaard terug is, kan stamvader Abu bepaal wie die alleenheerster moet wees nie.

Die oplossing lê ver oor die see, in ‘n ander wêreld: die Kaap van Goeie Hoop. Daar lê ‘n vrou op sterwe. Zuchia, die dodelike skoonheid van weleer, het die swaard versteek voordat sy in haar fleur saam met ‘n Engelsman weg is uit Arabië.

Nou kry hul dogter haar sterwensopdrag: gaan vind die swaard, gaan verbreek die vloek.

So kom Caroline Duncan in Arabië  aan, waar lewensgevaar haar inwag. Hierdie land met sy skroeiende son, sy dwalende duine, maar ook sy ontsettende skoonheid, gaan haar nog in besit neem. Hy gaan haar sluimerende Arabiese bloed oproep, en dan aan haar sy fel liefde openbaar.

Omar Rasha gaan voor haar staan. Maar die vraag is: is sy Arabier genoeg?

Annelize Morgan se woestyn-drieluik, wat gegin het met Bruid van die woestyn en opgevolg is met Woestynwind oor Jawarah, word met Hart van die groot Woestyn op ‘n brandende hoogtepunt voltooi.

2 in stock

SKU: FIKSIE.BOE.008/11/19; FIKSIE.DON.(B).009/20/3/19; FIKSIE.KAR.(C).007/15/3/23 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1992

Toestand: Sagteband boek met mooiste gekleurde voorblad, effense kraakvou op voorblad

Bandontwerp: Rassie Erasmus