Hatikvah: Land van hoop / Marzanne Leroux-Van der Boon

R140.00

Rivkah hoor dat sy ses maande swanger is te middel van nog ‘n busbomaanval. Hierdie keer gebeur dit in die straat waar Marc vir Uzi in die wagkamer sit en wag. En vir die eerste keer is Rivkah bang vir hierdie land.

Die werklikheid van Rivkah se swangerskap maak dat Marc met nuwe oë na die kleintjies om hom kyk. Hy teken hulle. Babas. ‘n Hoogswander vrou. Maar die swaar las wat die busbom gelaat het, bly by hom. By die Kotel bid hy tot Adonai. En die las word vir eers agtergelaat.

Maar Rivkah het tog ‘n miskraam. En sy weet nie wat om met haar pyn te doen nie. Waar om met die woede bheen te gaan nie. Marc mis ook die feit dat die baba nie meer daar is nie. Hy verstaan ook nie hoekom HaShem dan die die kind beskerm het nie. Hoekom Rivkah so vreemd optree nie. Sy huil nie, wys nie haar gevoelens nie niet omdat sy ‘n Israeili is.

Intussen begin die stryd om geloof in haar woed. Sy begin haarself wysmaak dat sy die baba verloor het omdat sy die Christene se Jesus haar Mashiach gemaak het en die baba so wou grootmaak. Alhoewel sy Joods is en die Messiaanse geloof aangeneem het, is sy in haar hart ortodoks Joods, sal sy dit altyd wees. Juis daarom begin sy na strooihalms gryp. Sy wil met alle geweld in Gush Katif gaan woon. Hulle leefwyse is immers ortodoks en Tora-getrou.

Marc, weer, worstel met sy identiteit. Hy weet so min, leer so stadig van die geskiedenis van die land wat hy as sy tuiste beskou. Soms voel hy dat hy die naam van Israelis of Jood nie waardig is nie. Hy voel soos ‘n outsider, asof hy nie rerig hier tuishoort nie…

Out of stock

SKU: GEE.ALG.011/23/3/22 Category:

Description

Uitgewer: Lux Verbi

Tweede uitgawe eerste druk 2014

Sagtebandboek in nuwe druk mooi en nuwe toestand, puntjies van voorblad effens gekrul.