Henri Stap aan / Lizette Murray

R120.00

Verhaal van die dood van ‘n middelste seun van vyf seuns en sy vol lewe – pragtige boek vol hoop. Wonderlike boek aan ‘n christen moeder wat ‘n kind aan die dood afgestaan het…

Op Saterdag 4 Junie 2006 kry ons ‘n telefoonoproep wat ons lewens onherroeplik verander: “Henri is deur ‘n haai aangeval.” Ek het geweet : ons middelkind is dood…

Henri stap aan is nie net ‘n storie van Henri se lewe en dood nie. Dis die storie van ons gesin wat in die teenwoordigheid van baie liefde heel gebly het, ondanks ons stukkendheid. Dis die storie van hoop vir elke gebrokene. Vir elkeen met ‘n groot seer. Vir elkeen wat swaar dra aan verlies. En dis ‘n loflied aan die God van die lewe wat Sy kinders nooit alleen los nie.

Out of stock

Description

Uitgegee deur Corals Publishers

Eerste uitgawe 2008

Sagteband splinternuut

R120