Hirosjima / John Hersey

R75.00

Hirosjima is die verhaal van ses mense wat deur die grootste mensgemaakte ramp in die geskiedenis deurleef het. Met die eenvoud van ‘n genie, soos Bruce Bliven dit noem, vertel John Hersey wat hierdie ses – ‘n klerk, ‘n weduweekleremaakster, ‘n geneeskundige, ‘n Metodiste-predikant, ‘n jong chirurg en ‘n Duitse Katolieke Priester – besig was om te doen om 8.15 vm op 6 Augustus 1945, toe Hirosjima verwoes is deur die eerste atoombom wat ooit oor ‘n stad neergelaat is. Dan volg hy die verloop van hul lewens, uur na uur dag na dag en bou met sterk stil kunsaanvoeling daaruit die reeds-klassieke stuk wat deur Lewis Gannette bestempel is as die “beste verslaggewing  wat uit hierdie oorlog gekom het.”

The New Yorker van 31 Augustus 1946 het al sy ruimte aan hierdie storie afgestaan. Die onmiddellike reperkussies was oorweldigend : Koerante in die VSA en oorsee het dit herdruk: dis voorgelees oor die netwerk van die American Broadcasting  Company: en ‘n onnoembare aantal koerante het hoofaratikels daaraan gewy. Hierdie volledige teks in boekvorm is so gou doenlik aan die publiek beskikbaar gestel. Die geweldige trefkrag daarvan moet daaraan toegeskryf word dat dit die eerlike verhaal is van klein mensies in ‘n deursnee-stad, wat vasgevang word in die furie van die magtigste vernietigingswapen wat nog deur die mens gevind is.

Out of stock

SKU: FIKSIE.ROZ.003/1/18 Category:

Description

Uitgewer: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Datum: 1965

Toestand: Boek in hardeband met los netjiese omslag, stempel, plakkers en bibsakkie voorin boek

Oorspronklike gepubliseer in die VSA en deur Alfred A Knopf

Vertaal: deur Binkie Wessels

Hierdie boek het oorspronklik verskyn in The New Yorker