Hoefslae: Helderitte in Suider-Afrika / C.J. Scheepers-Strydom

R120.00

‘n Blouskimmel jaag deur die nag. Bedags skuil hy en sy ruiter in digte bosse, maar as die skemer kom, is dit weer opsaal en ry – en binne tien dae is Dick King in Grahamstad om hulp te ontbied vir die Engelse wat in Natal deur die boere vasgekeer word. Sonder die taaie uithouvermoë van sy ryperd en die dier se byna onmenslike aanvoeling vir die erns van die situasie, sou dié historiese rit moontlik nooit plaasgevind het nie.

En in die geskiedenis van Suider-Afrika gebeur die telkens : die perd speel ‘n beslissende rol.

Toe Jameson Transvaal stil-stil binneval, weet die Transvaalse regering dit vroeg reeds omdat ‘n aflosspan-kommandoperde na Zeerust jaag van waar die telegram gestuur kon word – oor die enigeste telegraaflyn tussen Wes-Transvaal en Pretoria wat nie geknip was nie. Van sulke voorvalle vertel dr. C.J.S. Strydom in Hoefslae.

Daar is die verhaal van ‘n jong man was ‘n vasgekeerde Trekkerlaer red omdat hy sy perd vertrou en die verhaal van Christiaan de Wet wat keer op keer vlak voor die neus van die vyand wegglip omdat Fleur, sy wit kommandoperd, hom nooit in die steek laat nie.

Tussen die hoefslae klink ook dié van perde wat nié redding kon bring nie: Dirkie Uys se perd, die kopsku perd van Louis Napoleon en die perde van maj. Allan Wilson en sy manne na hul heldedood gedra het.

Maar geleidelik raak die hoefslae stil, want die masjieneeu breek aan. Dr. Strydom is ‘n geskiedkundige en ‘n onderhoudende verteller – iemand wat die geskiedenis so kan aanbied dat dit met ‘n nuwe helderheid leef en die leser opnuut beetpak.

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.ADG.003/5/19 Category:

Description

Tafelberg

Eerste slapbanduitgawe 1983

Sagteband in mooi toestand

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hoefslae: Helderitte in Suider-Afrika / C.J. Scheepers-Strydom”