Hoeke boerseuns ons was / J.C. Steyn

R140.00

‘n Hele winter kaalvoet skool toe gaan, net om te wys hoeke Boerseun jy is. Al wat plaaskind is, kén dit. Wie familie op die platteland het, of gehad het, of wat maar enigsins verbidn is met die goeie aarde, veral die Afrikaanse, sal hulle tuis voel met die mense, hul maniere en hul tale wat J.C. Steyn so helder en met soveel humor uit sy jeug oproep.

So al vertellende sluit die skrywer ‘n wêrelde van vertellings vir ons oop. Met ervarings, anekdotes en koerantberigte uit die jare dertig, veertig – klein geskiedenisse wat algaande tot ‘n hele wêrelde en bestaanswyse uitkring.

Hy loop wei-wei sy spore na die plaas naby Petrus Steyn in die Riemland. Die plaasskool, die kosskool, universiteit in Bloemfontein, studie in Amsterdam. Vandat ‘n jong plaasjapie ewe rebels van die huis wil wegloop, met sy boeke en sy koei, tot hy later in Nederland hartlik huistoe verlang.

Hoeke Boerseuns ons was lééf van beskeie lewensvreugde, klop van liefde vir die Afrikaanse taal en sy domein. Dis ‘n optekening van kosbaarhede en word uiteindelik ‘n pastorale lofsang op ‘n skat wat byna verlore is.

J.C. Steyn is kortverhaal- en romanskrywer, en is met die Eugene Marais- en Ingrid Jonker-prys bekroon vir sy digdebuut, Die grammatika van liefhê. Hy is onder meer ook die skrwyer van Tuiste in eie taal, ‘n taalpolitieke studie oor Afrikaans waarmee hy die Recht Malan- en die Louis Luyt-prys gewen het. Tans is hy navorser en hoofleraar in Afrikaans aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Out of stock

SKU: FIKSIE.CHA.143/6/20 Categories: ,

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe 1991

Sagtebandboek soos nuut blaaie effe vergeel aan rante van boek

Omslagontwerp met ‘n tekening van die skilder, Francois Krige