Hoogty / E. Kotzé

R130.00

Die Weskus is ‘n werklikheid, die ooreenkoms met enige lewende karakter ‘n toevalligheid. My inspirasie vir die verhale van trolle, aangepas en verkort, het ek gevind in Scandinavian Folktales vertaal en geredigeer deur Jacqueline Simpson.

Al sou sy dit nie graag wou erken nie, volg Helena Burre haar eie kop, nes haar skipper-pa Jas. Wanneer dié oënskynlik ’n stokkie steek voor haar broer se skoolganery op Stellenbosch, besluit Helena om inderhaas terug te keer van Grenspan in die Vrystaat waar sy die afgelope jaar in ’n dokter se spreekkamer uitgehelp het. Maak nie saak dat sy en Chris amper trouplanne gehad het nie … Dis met die terugkoms op Volleminkbaai dat Helena besef wat sy gemis het. En dat sy weer met Auret Nagel te doene kry.

Hoogty is ’n splinternuwe roman deur E Kotzé, kenner van mense, van die see, en van die troebel en helder waters waardeur verhoudings gaan …

Out of stock

SKU: FIKSIE.OPE.009/12/23 Category:

Description

Kwela Boeke

Eerste uitgawe eerste druk 2011

Sagtebandboek soos nuut