Huilwater : 30 stories in die langpad – Louis Bothma

R230.00

Uitgegee deur Louis Bothma

1ste druk, 2016

Sagteband

Out of stock

Description

Huilwater is ‘n bundel van 30 lekkerlees-stories. Dit bou voort op Bothma se ander bundel, Losbaadjiesak: stories in die langpad, wat in 2011 verskyn het.
Hy vertel van sy kindertyd in die Boesmanland, studentejare en -vriende, loopbaan as dosent in ekonomie, betrokkenheid by projekte in Angola, Rondkyk-toere saam met vriende deur die Kalahari en Namibië, en interessante karakters wat sy lewenspad gekruis het.
Vir rugbyliefhebbers is daar ‘n vuisvol stories wat die tone sal laat omkrul van die lekkerte. Die legendariese Frik du Preez duik oral op. Jimmy Young foeter die All Blacks op, Jan Tromp pak ‘n “tier” met sy kaal hande en Griekwas wen die Curriebeker. Lees die storie agter daardie beroemde “Drie van Mannetjies Roux” waaroor Laurika Rauch se oom steeds praat en hardloop “Die Marathon” saam met die skrywer deur Bloemfontein se strate.
Vir diegene wat van Bothma se Grensoorlogboeke hou, is daar Oom Willie se Pad en Die Rooi Leeu en die terroriste.

“Louis Bothma kan skryf”, sê resensente soos Koos Kombuis en Frans­johan Pretorius, maar hy het ook as storieverteller sy kleim afgesteek.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Huilwater : 30 stories in die langpad – Louis Bothma”