Huis van herinnering / Evelyn Marais

R65.00

Alleen in haar huis onder die bessieboom, is daar soveel dinge wat Evelyn Marais uit haar lang en vol lewe terugroep dat sy glad nie eensaam voel nie.

Sy onthou van die heerlike danspartye toe sy jonk was. Hoe vurige Groot Annie haar onwillige broer met mening leer dans het, terwyl hy nie vatplek aan haar lyf kon kry nie, want dié was soos ‘n sleggetrapte wolbaal. Hoe ‘n wit dansrok, verby sy fleur, met moerbeisap in ‘n verstommende lilapers skepping verander is.

En sy onthou van die plaasdinge: die hartseer begrafnis van ‘n bywonerskind, en daarna die eensame grondhopie waarin sy granaatblomme gaan steek het, die lammerstertbraaiery waar elke kind later met ‘n swart snor gesit het, storie-aande voor die groot ou kaggel waarin olienhoutstompe saam gesels, hoe reën voorspel is deur ag te slaan op die gedrag van skilpaaie, paddas en ander diere, en veral op Kaatjie se pynlike liddorings en haar man, Jakob, se spelerigheid.

Uit haar getroude lewe kom wonderlike en soms onmoontlike mense weer voor haar staan wanneer nostalgie haar meevoer, of wanneer sy na ‘n n mooi boom, ‘n Delft-bord of ander kosbaarhede kyk wat sy lank gelede as geskenk gekry het. En in haar fluisterende tuin herleef sy teer en snaakse oomblikke saam met Sarel, haar lewensmaat wat haar ontval het.

Huis van herinnering vorm ‘n sluitstuk vir Evelyn Marais se gewilde outobiografiese vertellings, Huis tussen die rante en Huis onder die bessieboom. Hierdie boek het op haar 90ste verjaarsdag verskyn. Soos enige goeie boek, is hierdie boeke van haar altyd moeilik om op te spoor…

Out of stock

SKU: FIKSIE.BIK.007/2/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1992

Toestand: Sagteband in mooi, skoon en netjiese toestand, vorige boekwinkel se stempel voorin boek

Bandontwerp: Malcolm W. Bates